Johannes Kerkorrel - Hillbrow Lyrics
Ou man sit by die straatkafees,En kyk al die mense loop heen-en-weerBoemelaars raas by die Wimpy Bar,En Fontana is oop tot laat in die aandKaalvoet kinders in die straat, wys parkeerplek aanEn hou dan die hand, en hou dan die hand,En hou oop die hand…jaKoortjie:En gee, gee, gee. Gee, gee, geeJou sente, jou drome, jou klere vol gate,Gee jou hart vir HillbrowJa, gee jou hart vir HillbrowIn Quartz Straat hoor ek ‘n meisie my roep,Daar’s ‘n Hare Krishna wat vra wat ek soekEn ken ek vir Jesus? Vra ‘n man op die stoep,Tussen Hillbrow records en Estoril BooksEn dis lank na twaalfuur,En die Hillbrow toring stuurSy seine in die nag, sy sein in die nag,Sy sein vir die junkies wat wag, oKoortjie:En gee, gee, gee. Gee, gee, geeJou sente, jou drome, jou toekoms vol gate,Gee jou hart vir Hillbrow,Ja, gee jou hart vir HillbrowEn die ligte gaan aan in die Chelsea Hotel,En stemme en musiek klink in elke woonstel.Ons sit in die son, drink wyn,Ons survive met ‘n helse lot pyn in hierdie land, jaKom ons drink op die een wat sy drome oorleef,Op die een wat kry wat hy vra, jaKoortjie:En gee, gee, gee. Gee, gee, geeJou sente jou drome, jou toekoms vol gate,Gee jou hart vir HillbrowJa, gee jou hart vir Hillbrow,Komaan, gee jou hart vir Hillbrow